Redenaarsbeleid
Missie
Om Afrikaans te bevorder. ‘n Geleentheid tot vaardigheidsontwikkeling.
Doelwitte
Om met selfvertroue op te tree.
Kreatiewe denke te ontwikkel.
Logies te redeneer.
Eie menings te gee.
Kompetisies
Die junior en senior redenaarskompetisies vind gedurende die eerste kwartaal plaas. Juniors Gr 1 tot Gr 3, Seniors Gr 4 tot Gr 7.
Vyf leerders in elke graad neem deel. Die kompetisie dien as uitdunne vir verdere deelname aan die Super 8 en ATKV. Temas van die ATKV word gebruik.
ATKV
Die ATKV se eerste uitdunrondte vind die tweede kwartaal plaas. Die halfeind sowel as finale rondte is in die derde kwartaal. Die maksimum getal leerders per skool wat mag deelneem is soos volg: Gr 1 tot Gr 3 (4 leerders) Gr 4 tot Gr 5 (4 leerders) Gr 6 tot Gr 7 (4 leerders). Juniors Gr 1 tot Gr 3: Minimum twee minute en maksimum vier minute. Seniors Gr 4 tot Gr 5: Minimum twee minute en maksimum vier minute. Seniors Gr 6 tot Gr 7: Minimum vier minute en maksimum vyf minute.
Super 8
Vind gedurende die tweede kwartaal plaas. Twee leerders per graad neem deel. Gr 1 tot Gr 7, m.a.w. veertien deelnemers. Temas van die ATKV word weer eens gebruik.
Uitdunne
Al die leerders van Gr 1 tot Gr 7 kry in klasverband die geleentheid om te praat vir ‘n mondelinge assesseringspunt. Die beste vyf leerders van elke graad word dan gekies om aan die redenaarskompetisie deel te neem.
Afrigting
Elke taalonderwyser is verantwoordelik vir die afrigting van die deelnemers aan die skool se redenaars. Verdere afrigting vir die Super 8- en ATKV-deelnames vind onder leiding van die organiseerder en hulporganiseerder plaas. Sprekers ontvang ook privaatafrigting en die ouers help met die inoefening van die toespraak by die huis.
Organiseerder: Me Karen Zevenster (Gr 1 tot Gr 7)
Toespraak
Die toespraak moet oorredend en beredenerend wees. Dit mag nie die oordra van kennis wees nie, maar moet die gehoor oorreed en beïnvloed. Tipes oorredingstoesprake:
- Toespraak oor ‘n feit
- Toespraak om waarde te bewys
- Beleidstoespraak
Wat verwag word van ‘n oorredingstoespraak
- Aktuele onderwerpe
- Onderwerp moet geskik wees vir beredenering
- Spreker moet oortuig wees van eie standpunt
- Die spreker moet bronne (bewyse) gebruik om beredenering te versterk
- Bronne moet gesaghebbend wees