Koördineerder: Me S. Smit
Die bybelvasvrae is deur die Rapportryers begin:
- Met die doel dat ons laerskoolleerlinge meer Bybel sal lees, omdat Bybelonderrig nie meer plaasvind in die laerskole nie.
- Om die leerlinge se belangstelling te prikkel sodat hulle op hulle eie die Bybel sal bestudeer.
Die Bybelvasvrae 2015 het afgeskop nadat die inligting ontvang is watter Bybelboeke bestudeer moes word. Die boek Eksodus is gekies en 24 leerlinge het belang gestel om deel te neem aan die kompetisie, hulle is ingedeel in groepe van vier. Die leerlinge was so besig met buitemuurse bedrywighede dat die enigste tyd Dinsdae- en Donderdae-oggende was. Die leerlinge het dit werklik getrou bygewoon.
Die eerste kompetisie was van Eksodus 1-18 en het 15 Mei te Meiringspark plaasgevind. Die tweede kompetisie was Eksodus 19-40, dit het 18 Augustus plaasgevind te Meiringspark. Die vraestelle moes binne ‘n seker tyd voltooi word en was werklik baie moeilik, nogtans het die leerlinge dit geniet.
Bybelstudie het voortgegaan na die kompetisie en ons het Simson se lewe en sterwe, die boek Rut en die geskiedenis van Samuel, Saul en Dawid in ‘n kort tyd bestudeer.
Ons hoop dat meer leerlinge volgende jaar die Bybelvasvrae intern gaan bywoon.