Laerskool Goudkop bied met trots die volgende kultuur-aktiwiteite aan
[tabs] [tab_item title=”VCSV”]
VCSV (Verenigde Christen-Studentevereniging)
Ons doel is om laerskoolkinders bymekaar te kry en in ‘n ontspanne, geestelike klimaat hulle toe te rus om God se woord uit te LEEF.
Alle leerders is baie welkom om die byeenkomste by te woon.
Byeenkomste: Elke tweede Woensdag in die skoolsaal 07:00 – 07:20
Navrae: Helmine Wentzel
[/tab_item][tab_item title=”REDENAARS”]
1. Redenaarsbeleid
Missie:
Om Afrikaans te bevorder. ‘n Geleentheid tot vaardigheidsontwikkeling.
Doelwitte:
Om met selfvertroue op te tree.
Kreatiewe denke te ontwikkel.
Logies te redeneer.
Eie menings te gee.
2. Kompetisies
[whitespace height=”10″ graphic=”0″] Die junior en senior redenaarskompetisies vind gedurende die eerste kwartaal plaas. Juniors gr 1 tot 3, Seniors gr 4 tot 7.Vyf leerders in elke graad neem deel. Die kompetisie dien as uitdunne vir verdere deelname aan die Super 8 en ATKV. Temas van die ATKV word gebruik.
ATKV
Die ATKV se eerste uitdunrondte vind die tweede kwartaal plaas. Die halfeind sowel as finale rondte is in die derde kwartaal. Die maksimum getal leerders per skool wat mag deelneem is soos volg: Gr 1 tot 3 (4 leerders) gr 4 tot 5 (4 leerders) gr 6 tot 7 (4 leerders). Juniors gr 1 tot 3: Minimum twee minute en maksimum vier minute. Seniors gr 4 tot 5: Minimum twee minute en maksimum vier minute. Seniors gr 6 tot 7: Minimum vier minute en maksimum vyf minute.
Super 8
Vind gedurende die tweede kwartaal plaas. Twee leerders per graad neem deel. Gr 1 tot 7, m.a.w. veertien deelnemers. Temas van die ATKV word weer eens gebruik.
[whitespace height=”30″ graphic=”0″]
3. Uitdunne
[whitespace height=”10″ graphic=”0″] Al die leerders van gr 1 tot 7 kry in klasverband die geleentheid om te praat vir ‘n mondelinge assesseringspunt. Die beste vyf leerders van elke graad word dan gekies om aan die redenaarskompetisie deel te neem.[whitespace height=”30″ graphic=”0″]
4. Afrigting:
[whitespace height=”10″ graphic=”0″] Elke taalonderwyser is verantwoordelik vir die afrigting van die deelnemers aan die skool se redenaars. Verdere afrigting vir die Super 8- en ATKV-deelnames vind onder leiding van die organiseerder en hulporganiseerder plaas. Sprekers ontvang ook privaatafrigting en die ouers help met die inoefening van die toespraak by die huis.Organiseerder: Me. A. Colyn (Gr 1 tot 7)
[whitespace height=”30″ graphic=”0″]5. Temas vir 2016
[whitespace height=”10″ graphic=”0″] Graad 1 tot 3:- Ledigheid is die duiwel se oorkussing
- As die vlooi byt moet jy krap
- As twee hande mekaar was, word albei skoon
- Om van ‘n padda vere te probeer pluk
Graad 4 tot 5:
- Bloed kruip waar dit nie kan loop nie
- Die pap dik aanmaak
- Wie wind saai sal storm maai
- Jou eie boontjies uitdop
- Die oggendstond het goud in die mond
Graad 6 tot 7:
- Iemand se Achilleshiel
- As die hoenders tande kry
- ‘n Man van twaalf ambagte en dertien ongelukke
- Haastige hond verbrand sy mond
- Elke bobbejaan het sy krans
6. Toespraak
[whitespace height=”10″ graphic=”0″] Die toespraak moet oorredend en beredenerend wees. Dit mag nie die oordra van kennis wees nie, maar moet die gehoor oorreed en beïnvloed. Tipes oorredingstoesprake:7. Wat verwag word van ‘n oorredingstoespraak
[whitespace height=”10″ graphic=”0″]Koor
[whitespace height=”10″ graphic=”0″]Die koor word deur kundige personeel afgerig en het reeds ‘n ongeëwenaarde tradisie van sukses.
Koor is deel van Laerskool Goudkop se kultuuraktiwiteite. Oefeninge is Maandae- en Woensdae-middae van 13:30 tot 14:15. Me. Maryna van Zyl is verantwoordelik vir die afrigting van dié gemengde koor en word begelei deur Me. Rina van Wyk. Die koor neem deel aan verskeie optredes, byvoorbeeld die Paasfeesprogram, Laerskool Goudkop se Oupa- en Oumadag asook kooroptredes by die Hoër Tegniese Skool in Klerksdorp en Klerksdorp Primary School. Laerskool Goudkop se koor neem ook deel aan die Doringkruin Hervormde Kerk se jaarlikse koorfeeskompetisie.
[/tab_item][tab_item title=”ORKES”]
Orkes
[whitespace height=”10″ graphic=”0″] Ons orkes bestaan reeds vanaf 1993 en bied pragtige geleentheid aan leerders om hul talente in ligte musiek te ontwikkel.[whitespace height=”30″ graphic=”0″] Orkesfoto’s (kliek om te vergroot):
[column size=”1-5″ last=””]
[/column] [column size=”1-5″ last=””]
[/column] [column size=”1-5″ last=””]
[/column] [column size=”1-5″ last=””]
[/column] [column size=”1-5″ last=”last”]
[/column] [/tab_item]
[tab_item title=”VOLKSPELE”]
Volkspele
[whitespace height=”10″ graphic=”0″] Die Laerskool Goudkop Volkspele-groep is reeds besig om te oefen vanaf die tweede kwartaal. Ons is ‘n groep wat dit geniet om elke Woensdagmiddag verskeie volkspeletjies te oefen. Ons groep bestaan uit vyfjariges of gr R’e, gr 1’s, ‘n paar gr 2’s en ook twee gr 4’s.Die volkspele word aangebied deur Me. Louisa Heymans wat ‘n graad R-juffrou by Laerskool Goudkop is.
[/tab_item][tab_item title=”BYBELVASVRA”]
Bybelvasvra
[whitespace height=”10″ graphic=”0″]Koördineerder: Me. S. Smit
Die bybelvasvrae is deur die Rapportryers begin:
- Met die doel dat ons laerskoolleerlinge meer Bybel sal lees, omdat Bybelonderrig nie meer plaasvind in die laerskole nie.
- Om die leerlinge se belangstelling te prikkel sodat hulle op hulle eie die Bybel sal bestudeer.
Die Bybelvasvrae 2015 het afgeskop nadat die inligting ontvang is watter Bybelboeke bestudeer moes word. Die boek Eksodus is gekies en 24 leerlinge het belang gestel om deel te neem aan die kompetisie, hulle is ingedeel in groepe van vier. Die leerlinge was so besig met buitemuurse bedrywighede dat die enigste tyd Dinsdae- en Donderdae-oggende was. Die leerlinge het dit werklik getrou bygewoon.
Die eerste kompetisie was van Eksodus 1 -18 en het 15 Mei te Meiringspark plaasgevind. Die tweede kompetisie was Eksodus 19 – 40, dit het 18 Augustus plaasgevind te Meiringspark. Die vraestelle moes binne ‘n seker tyd voltooi word en was werklik baie moeilik, nogtans het die leerlinge dit geniet.
Bybelstudie het voortgegaan na die kompetisie en ons het Simson se lewe en sterwe, die boek Rut en die geskiedenis van Samuel, Saul en Dawid in ‘n kort tyd bestudeer.
Ons hoop dat meer leerlinge volgende jaar die Bybelvasvrae intern gaan bywoon.
[/tab_item][tab_item title=”WETENSKAP EKSPO”]
Wetenskap Ekspo
[whitespace height=”10″ graphic=”0″]Die jaarlikse wetenskap ekspo vir jong wetenskaplikes het op Saterdag, 3 Augustus 2013, by die Hoër Tegniese Skool Klerksdorp plaasgevind. Die volgende leerlinge het deelgeneem en baie goeie ondervinding opgedoen:
Rulize van Niekerk en Clarissa de Beer (Reënwater-opgaarder)
Ryno Bornman en Matthew vd Berg (Plantgroei)
Lihanri van Staden (benut hangkasspasie) het deurgedring na die volgende rondte (streeksekspo) wat in Potchefstroom aangebied word. Baie geluk aan ons jong wetenskaplikes.
[/tab_item]
[tab_item title=”OPVOERINGS”]
Opvoerings
[whitespace height=”10″ graphic=”0″]Goudklop Kultuurfees
[whitespace height=”10″ graphic=”0″] ‘n Unieke kultuurfees wat by Laerskool Goudkop ontstaan het. Die klaslokale word verander in klein teaters waar leerders die geleentheid kry om hul talent te vertoon in verskillende opvoerings. Toneelstukkies, sang en musiek met beweging word gekombineer tot ‘n unieke vertoning.Tydens só ‘n Goudklop-week heers daar ’n vrolike feesatmosfeer op die skoolterrein. Ouers en belangstellendes geniet hulself deur elke aand ongeveer vyf van die elf vertonings by te woon. Daar is ‘n groot verskeidenheid stalletjies met heerlike eet- en drinkgoed asook allerlei snuisterye wat te koop aangebied word. In die skoolsaal is daar ‘n kunsuitstalling van die leerders se spog kunswerke. Tussen vertonings word tee en koffie bedien waar die mense rustig kuier by keurig gedekte tafels op die gras in die vierkant. Voorwaar ‘n treffergeleentheid op Laerskool Goudkop se skoolkalender.
[whitespace height=”10″ graphic=”0″]
Opvoeringfoto’s (kliek om te vergroot):
[column size=”1-5″ last=””]
[/column]
[column size=”1-5″ last=””]
[/column]
[column size=”1-5″ last=””]
[/column]
[column size=”1-5″ last=””]
[/column]
[column size=”1-5″ last=”last”]
[/column]
[/tab_item]
[tab_item title=”KUNS”]
Kuns
[whitespace height=”10″ graphic=”0″] Kuns is deel van ons geïntegreerde kurrikulum en alle leerders vanaf gr RR tot gr 7 is betrokke. Die senior leerders neem deel aan die jaarlikse Lions Kunskompetisie en die afgelope tien jaar het Laerskool Goudkop al verskeie wenners opgelewer. Me. Maryna van Zyl, die seniorfase se vakhoof vir kuns, is ook verantwoordelik vir die jaarlikse kunsuitstalling by die skool. Junior leerders neem ook deel aan die jaarlikse kunsuitstalling.
Die volgende gr 6-leerlinge van Laerskool Goudkop is baie trots op hul kunswerke:
Art Alive het op 26 en 27 April hul kunswerke uitgestal by Klerksdorp Museum. Me. Maryna van Zyl, die kunsonderwyseres) sê dat dié leerlinge baie talent het en dat hul nog baie sal presteer in die lewe.
Van ons gr 7-leerlinge het aan Art Alive se kunsuitstalling deelgeneem.
Laerskool Goudkop is baie trots op dié groep wat altyd hul beste gee:
Van ons leerders se kunswerke (kliek om te vergroot):
[column size=”1-5″ last=””]
[/column]
[column size=”1-5″ last=””]
[/column]
[column size=”1-5″ last=””]
[/column]
[column size=”1-5″ last=””]
[/column]
[/tab_item]
[/tabs]