By Goudkop is ons ongelooflik trots op ons akademiese standaarde en strek ons prestasie veel verder as die hoërskool. Goudkop het al heelwat vername mense in ons land opgelewer. Ons kry dit reg om in kleiner klasse in te deel waar leerders individuele aandag kry. Leerders kry ook sodoende gelyke kansie om na die beste van hul vermoëns te presteer.
Die personeel is baie dinamies en ervare in hul vakgebiede. Buiten die akademie wat in die klasse plaasvind het ons ook ‘n vol toegeruste rekenaarsentrum wat die leerders een keer per week besoek en ‘n mediasentrum vir die boekwurms. Ons glo dat leerders beter leer deur speel en daarom maak die personeel seker dat daar genoeg lees, speel-speel plaasvind.
Die skool beskik oor ‘n leeskliniek, arbeids- en spraakterapeute op die perseel. Ons het in gr 2 ook ‘n hulpklas wat intensiewe, remediëring aan leerders met leer uitdagings bied. Die vordering van leerders word op ‘n kwartaallikse basis aan ouers tydens oueraande gekommunikeer en waar leerders spesifieke probleme ervaar word daar onmiddellik in die verband met ouers geskakel.