Deur ons leerders die blootstelling te gee aan skaak kry ons leerders die geleentheid om leerstof van die kurrikulum op ‘n interessante wyse aan te leer. Skaak help om logiese denke te ontwikkel en dit sal handig te pas kom in die wiskunde klas. Skaak leer leerders om meer gedisiplineerd te wees in hul denke en om effektief te kan leer.
Toernooie:
Verskeie toernooie word deur die jaar gespeel. Die toernooie se inligting word deur die afrigters deur gegee.
Super 8 toernooi.
Kleredrag: Goudkop formele skooldrag
Oefendae en tye:
Maandae
13:30 – 14:30
Privaatafrigting: Me Adele Louw (inligting kan aangevra word by organiseerder.
Toerusting: Skaakmatte en stukke word deur die skool voorsien gedurende oefening.
Organiseerder: Me Adele Botha