VCSV (Verenigde Christen-Studentevereniging)
Organiseerder : Me Luvandi Smith
Hulp :
- Me Johani Jansen
- Me Chantellé Joseph
- Me Ankia Erasmus
- Me Cherri van der Westhuizen
Soms staan ons voor ‘n kruispad in ons lewe en weet nie altyd watter afdraai om te neem nie. Ander dae voel ons soms moedeloos en afgemat, geen lus vir aanhou meer nie.
Die CSV is hier om jou aan die hand te neem en jou die leiding te gee om die regte afdraai te neem. Laat ons jou help om jou laste te dra sodat jy elke dag met meer moed die dag kan aanpak.
Kom kuier vir ons by die CSV sodat jou Christus liggie net helderder kan brand vir God.
Woensdae-oggende om 07:00.