Redenaars bevorder taal. Dit is ‘n geleetheid tot selfontwikkeling.
Dit gee geleentheid om met selfvertroue op te tree, kreatiwe denke te ontwikkel, logies te redeneer, eie mening te lewer, hul standpunt te stele en ‘n gehoor te oortuig. Hierdie vaardighede is belangrik in leiersposisies.
Kompetisies
- Leerders kry die geleentheid om in klasuitdunne deel te neem. Dit vind gedurende die eerste kwartaal plaas. Junior redenaars – Graad 1 tot 3 en Senior redenaars – graad 4 tot 7.
- Gedurende die siftingsproses word die beste leerders uitgenooi na die uitdunne wat in personeelkamer plaasvind voor bekwame en passievolle ATKV gekwalifiseerde personeel.
- Na afloop van die uitdunrondte word leerders wat deur gaan na die interne redenaarkompetisie genooi.
- ATKV redenaarskompetisie Super 8 redenaarskompetisie.
Kleredrag :
Interne redenaarskompetisie: Somerskooldrag. Hare netjies.
ATKV en Super 8: Winterskooldrag, Goudkop “pullover”. Hare netjies, dogters se rekkies in Goudkopkleure.
Afrigting:
Elke taalonderwyser is verantwoordelik om leerders die nodige geleentheid te gee om gereeld voor die klas te praat. Sprekers kan privaatafrigting ontvang en ouers help tuis met afrigting en inoefening van die toespraak. Voor ATKV en Super 8 afrigting vind plaas gedurende skoolure waar daar ‘n spesialis kom help.