- Formele skooldrag – Erkende skoolrok, kort wit sokkies, swart skoolskoene (leerders mag kaalvoet loop). Op koel dae mag ‘n skooltrui, oortrektrui of Drimac gedra word. Roklengte: vier vingers bokant knie.
- Sportdrag – Groen gholfhemp, groen sportbroekie en seilskoene.
- Formele skooldrag: Maandae, Woensdae en Vrydae.
- Sportdrag: Dinsdae en Donderdae.
Somersdrag
DOGTERS
SEUNS
- Formele skooldrag – Grys kortbroek, grys kortmouhemp, grys skoolkouse en swart skoolskoene (leerders mag kaalvoet loop). Op koel dae mag ‘n skooltrui, oortrektrui of Drimac gedra word.
- Sportdrag – Groen gholfhemp, groen sportbroek en seilskoene.
- Formele skooldrag: Maandae, Woensdae en Vrydae.
- Sportdrag: Dinsdae en Donderdae.
Wintersdrag
DOGTERS
- Formele skooldrag – Grys langbroek, grys skoolkouse, wit lang-/kortmouhemp, skooldas, skool Drimac, trui/oortrektrui en swart skoolskoene. Grys rompie met grys kouse wat tot onder die knie kom.
- Sportdrag – Skoolsweetpak, groen gholfhemp (lang- of kortmou) en seilskoene.
- Formele skooldrag: Maandae, Woensdae en Vrydae.
- Sportdrag: Dinsdae en Donderdae.
SEUNS
- Formele skooldrag – Grys langbroek, grys skoolkouse, wit lang-/kortmouhemp, skooldas, skool Drimac, trui/oortrektrui en swart skoolskoene.
- Sportdrag – Skoolsweetpak, groen gholfhemp (lang- of kortmou), seilskoene.
- Formele skooldrag: Maandae, Woensdae en Vrydae.
- Sportdrag: Dinsdae en Donderdae.

Juwele
DOGTERS
- Polshorlosies mag gedra word.
- Slegs ‘n seëlring word toegelaat aan ringvinger (nie ‘n toonring/naeltjiering nie).
- Oorkrabbetjies mag gedra word indien dit ‘n klein, ronde knoppie of dun, klein ringetjie is. Slegs een per oor.
- Geen juwele mag gedra word nie, slegs armbande of hangertjies vir mediese redes.
SEUNS
- Horlosies mag gedra word.
- Geen juwele mag gedra word nie, slegs armbande of hangertjies vir mediese redes.
Hare
DOGTERS
- Netjies weggebind – mag nie in gesig hang nie. Geel of groen haarlinte, rekkies en/of knippies mag gedra word. Laerskool Goudkop haarbande slegs by sportdae.
- Hare wat aan die kraag raak moet vasgemaak (poniestert) of gesny word.
- Geen permanente golwings word toegelaat nie (“perm”).
- Geen sonstrepe, haarinsetsels of gekleurde hare word toegelaat nie.NB: Gel van hare word verbied.
SEUNS
- Moet kortgeknip en netjies wees.
- Kuif mag nie in oë hang nie.
- Mag nie aan kraag raak of oor ore hang nie.
- Geen haargel mag gebruik word nie (hare mag nie punte staan nie, m.a.w. “spikes”).
Naels
DOGTERS
- Kort geknip, skoon en sonder naellak/geen vals naels nie.

