Atletiek is kragtig, dit kan gapings oorbrug, dit is die bousteen om skooltrots te bevorder. Skooltrots skep ‘n band tussen individu en die skool. Atletiek bied ook aan elke leerder lewensvaardighede wat hul opbou waar hul dit gaan nodig kry om in die sosiale omgewing te kan inpas.
By Goudkop is dit vir ons belangrik om ons leerders sosiaal, fisies en emosioneel te ontwikkel om hul toekoms te bevorder.
Wedstryde: Ons neem deel aan SASA atletiek liga’s waar leerders kan deelneem tot op SA vlak. Ons neem ook deel aan vriendskaplike byeenkomste soos Prestige en Super 8, om leerders die nodige geleenthede te bied om hulself te ontwikkel.
Kleredrag: Laerskool Goudkop Atletiek hemp, groen of swart “skipant”. Skipant moet bo die knieg wees. Geen “hotpants” Bo oor skipant moet groen Goudkop sportbroek gedra word. (Tydens items mag leerders die groenbroek uittrek.)
Oefendae en tye: Maandae tot Donderdae
Tye van verskeie items word deurgegee vanaf personeel.
Privaatafrigting vir naelope en hekkies: Mnr Johann van Niekerk
Toerusting: Laerskool Goudkop verskap eie toerusting, maar indien u sou verkies om eie toerusting te bring kan dit met organiseerder gereël word waar van toepassing.
Organiseerder: Mnr Eben Labuschagne: 082 774 1267




















