Die ontwikkeling van ‘n kind se motoriese vaardighede op laerskoolvlak word wêreldwyd beskou as essensieel in die totale ontwikkeling van die kind. Die onderwysers en afrigters is passievol oor krieket. Hier leer ons nie net kolf, boule en veldwerkvaardighede nie, maar ook die liefde vir die spel.
Wedstryde:
KOSH Liga 0/9 tot 0/13A
0/11 Super 8 kriekettoernooi
0/13 Super 8 kriekettoernooi Elandskraal
Kleredrag: 0/9 tot 0/13B Goudkop Sporthemp, Wit Langbroek, wit kouse en tekkies.
0/13 A: Eie klere/spandrag geborg in Goudkopkleure.
Oefendae en tye:
Dinsdae en Donderdae
14:00 – 17:00. Spanne word volgens tydgleuwe ingedeel.
Laerskool Goudkop Krieketakademie:
Mnr Jaco Blom: 071 240 4382
Mnr Piet White: 079 965 0369
Toerusting: Krieketkolf, handskoene, beenskutte, kopskerm. Die skool voorsien ook toerusting per ouderdomsgroep, maar leerder is welkom om sy eie te bring.
Organiseerder: Mnr Rudi Stoop





