Kuns is deel van ons geïntegreerde kurrikulum en alle leerders vanaf Gr RR tot Gr 7 is betrokke. Die senior leerders neem deel aan die jaarlikse Lions Kunskompetisie en die afgelope tien jaar het Laerskool Goudkop al verskeie wenners opgelewer. Me Maryna van Zyl, die seniorfase se vakhoof vir kuns, is ook verantwoordelik vir die jaarlikse kunsuitstalling by die skool. Junior leerders neem ook deel aan die jaarlikse kunsuitstalling.
Art Alive het op 26 en 27 April hul kunswerke uitgestal by Klerksdorp Museum. Me Maryna van Zyl, die kunsonderwyseres) sê dat dié leerlinge baie talent het en dat hul nog baie sal presteer in die lewe.