Atletiekdrag
- Bottelgroen polyshort en amptelike atletiekhempie.
- Dogters mag ‘n kort hempie onder die atletiekhempie dra.
- Goudkop Sporthemp.
Netbaldrag
- Netbaldrag (Goudkopatletiekhemp en Goudkopskirt), wit tekkies, wit sokkies – vir wedstryde.
- Slegs 1ste spandrag verskil van die res van die spanne.
Rugbydrag
- o/9 – 2de span: Bottelgroenrugbybroek- truie lyk almal dieselfde en word deur skool verskaf.
- 1ste span – wit rugbybroek – truie verskil van die res van die spanne.
Tennisdrag
- Dogters – Goudkop Sporthemp, wit tekkies, rompies.
- Seuns – Goudkop Sporthemp, wit tekkies, groen rugbybroek.
Landloop
- Polyshort met atletiekhemp en tekkies en/of Goudkop Sporthemp.
Krieketdrag
- Wit langbroek en Goudkop Sporthemp.
- Tekkies of krieketskoene.
L.O drag – Dinsdae en Donderdae
Somer: Alle leerders (Gr 1 tot Gr 7) dra groen oefenbroekie met Goudkop Sporthemp.
Winter: Skoolsweetpak, Goudkop Sporthemp en tekkies.
Orkes
Kleredrag word deur die orkeslede en afrigter gereël.
Koordrag
Kleredrag word deur die afrigters gereël.
Verjaarsdae
Leerlinge mag die dag van hul verjaarsdag gewone klere skool toe aantrek. Indien leerlinge gedurende ‘n vakansie of naweek verjaar, mag hulle gewone drag op die eerste of laaste dag van die week/kwartaal aantrek.
Spesiale optredes
Daar word van die leerders verwag om eenvormig aan te trek tydens optredes, soos byvoorbeeld Super 8 en redenaarskompetisies.
Provinsiale kleure
Leerlinge wat provinsiale kleure verwerf het, mag hierdie klere slegs op Vrydae aantrek skool toe.