Skoolure
Die skooldag begin elke dag om 07:30.
Die personeel en Kleuterraad is reeds vanaf 07:10 in hulle klasse beskikbaar.
Leerders verdaag om 13:00 – daar is ‘n wagklasfasiliteit tot 13:30.
Die skool sluit altyd om 10:30 op die laaste dag van ‘n kwartaal.
Personeel
Gr RR
- Gr RR/1: Me Madeleine Louw
- Gr RR/2: Me Elné Botes
Gr R
- Me Elmari Janse van Rensburg (Graadhoof)
- Me Elizma Pottas
- Me Alta Smit
- Me Ankia Erasmus
Kleredrag
Op Maandae, Vrydae en uitstappies trek Gr R leerders hul skoolklere aan skool toe.
Op Vrydae en uitstappies trek Gr RR leerders hul skoolhempies en denim aan skool toe.
Verversings
Pak asseblief vir u kleuter ‘n gesonde en voedsame toebroodjie, vrug en koeldrank of sap in. Geen lekkernye gedurende die week nie.
Speelgoed
Geen speelgoed mag saamgebring word nie. Dit raak weg en breek en personeel kan ongelukkig nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie.
Snoepie
Kleuters mag slegs Vrydae snoepie toe gaan. Hulle mag met Entrepreneursdae ook geld saambring.
Assessering
Assessering vind deurlopend plaas.
Verslae word aan die einde van elke kwartaal aan u kind gegee.
Aktiwiteite
Sport
Bulletjierugby, Vlindernetbal, Landloop, Hokkie, Atletiek, en Skaak
Kultuur
Volkspele
Buitemuurse aktiwiteite (in skooltyd – 11:00 tot 12:00)
Bollistic Tennis
Golden Tennis Academy
Beaux-arts
Playball
Kindermuzik
(Ouers is self verantwoordelik vir die betaling van die buitemuurse aktiwiteite)

