Laerskool Goudkop kan met trots sê dat ons hokkie baie suksesvol is vanaf 2014. Die leerders leer nie net hokkievaardighede deur passievolle personeel nie, maar ook spanwerk, deursettingsvermoë, onafhanklikheid en respek vir ander. Hokkie is nie net lekker nie, dit is ook ‘n leerproses wat leerders voorberei vir volwassenheid.
Hokkie word by ons aangebied vanaf gr. R tot 7. Mini hokkie gee leerders geleentheid om blootstelling tot die sport te kry. Koordinasie, vaardighede, liefde vir die sport, fiksheid en hoe om deel te neem in ‘n spansport word van ‘n jong ouderdom af op ‘n speel-leer – “fun” manier ontwikkel vir toekomstige Liga wedstryde vanaf gr. 5.
Wedstryde :
Super 8 toernooi
Ligan vir 1ste en 2de spanne seuns en dogters
Eddie Walker toernooi
Leratho Mahole toernooi
Gr R tot 4 leerders neem deel aan verskeie Mini-hokkie toernooie deur die seisoen wat deur skole in Noordwes aangebied word.
Gr. R tot 7 spelers neem ook deel aan die jaarlikse 7’s toernooi in Klerksdorp.
Kleredrag:
0/6 tot 2de spanne: Dogters: Goudkop atletiekhemp, netbal/hokkie skort. Shocking geel/groen hokkiekouse wat elke jaar bestel word. Tekkies.
0/6 tot 2de span: seuns : Goudkop atletiekhemp, Groen Goudkop sportbroek, shoking geel/groen hokkiekouse wat elke jaar bestel word en tekkies.
1ste spanne se kleredrag verskil van die ander spanne, steeds in Goudkopkleure.
Oefendae en tye:
Juniors: Maandae en Woensdae:
13:00 – 14:15 (Tye word ingedeel volgens ouderdomsgroepe en word deurgegee deur die afrigters.)
Seniors: Dinsdae en Donderdae
13:30 – 15:00 (Tye word ingedeel volgens ouderdomsgroepe en word deurgegee deur die afrigters.)
Toerusting wat leerder gaan nodig kry:
Shinpads, hokkiestok (Heuphoogte), bal, mondskerm
Organiseerder: Me Crizanne de Beer: 082 559 6625





