Laerskool Goudkop spog daarmee dat ons nie net ‘n sportskool of net ‘n akademiese skool is nie, maar wel ‘n goed gebalanseerde skool is. Baie min skole in Klerksdorp het nog ‘n koor wat getrou oefen. Ons spog ook met ‘n orkes en kitaargroep wat gereeld optree. Dan mag ons glad nie ons Volkspele-groep vergeet nie. Ons redenaars is op ‘n baie hoë vlak. Dus het Goudkop geen tekort aan kultuuraktiwiteite nie.
In 2016 het Goudkop 50 jaar oud geword. Ons het behoorlik verjaar. Daar was talle sosiale aksies en ons Lande-aand was absoluut ‘n hoogtepunt. Ons het al die vieringe afgesluit met ‘n gesamentlike kerkdiens op die paviljoen. Goudkop sal nog lank terugdink aan 2016 se groot verjaarsdag. Hierdie jaar bied weer nuwe uitdagings. Hou Goudkop dop vir nog kultuuraksies.